fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus verdoem munisipale staking in Mbombela voor Springbok-wedstryd

Stakende munisipale werkers van die Mbombela-plaaslike munisipaliteit (Mbombela/Nelspruit, Barberton, Hazyview, Kaapschehoop, Skukuza, Witrivier) het die afgelope paar dae vullis en rommel in die strate van Mbombela/Nelspruit gestrooi aan die vooraand van die Springbokke se rugbywedstryd teen die All Blacks.

Intussen stroom plaaslike en internasionale besoekers na die dorp vir die wedstryd môre in die Mbombela-stadion in Nelspruit.

Personeel van die departement van gemeenskapsdienste wat met afval werk, probeer om met die staking druk op die munisipaliteit plaas om hoër salarisse.

Die VF Plus verwelkom die wyse waarop die nuut verkose algemene bestuurder, Luckie Sihlangu, regmatige aksie geneem het teen die stakers. Die waarheid is egter dat dit moontlik nooit sou plaasgevind het indien daar die afgelope paar jaar strenger dissipline en beter bestuur in die departement was nie.

Swak diens en onbevoegdheid van munisipale werknemers is onaanvaarbaar. Die Wet op Munisipale Stelsels verplig munisipale rade om die plaaslike gemeenskap oor munisipale dienste te raadpleeg.

Gemeenskappe behoort inspraak te hê op die wyse waarop dienste gelewer word.

Die VF Plus het ‘n aksieplan om hierdie swak dienslewering te bekamp op die munisipaliteit se tafel geplaas om die publiek meer betrokke by die afdeling te kry. Die plan sal deur die raad bespreek word.

Dit is jammer dat die wetsgehoorsame en pligsgetroue belastingbetalers van Mbombela die prys moet betaal vir die ANC se totale onvermoë om te regeer.

Die VF Plus sal nie toelaat dat hierdie onbevoegdheid en swak dienslewering langer ongehoord voortduur nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.