fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus veg alleen teen hersonering van parke in Potchefstroom

Tydens gister (31 Julie) se raadsvergadering van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom, Ventersdorp), was die VF Plus die enigste party wat teen die hersonering van openbare parke in Bailliepark, Van Der Hoffpark en Miederpark gestem het. Hierdie parke word geoormerk vir die bou van mediumkoste-behuising vir die bevordering van radikale sosio-ekonomiese transformasie.

Tot op hede is geen kennisgewing van voorneme vir die sluiting van parke uitgereik nie en die inwoners is nog nie in die saak geken nie. Bestaande infrastruktuur sal ook nie die addisionele las kan dra nie.

Die raadsbesluit is gestoomroller met die verskoning dat daar te veel teenstand ontvang is met die Mooibank- en Vyfhoek-ontwikkelings. Die proses is prosedureel verkeerd volgens die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuurswet (Spacial Planning Act).

Die VF Plus sal die saak nie hier laat nie en verder neem ten einde die waarde van getroue belastingbetalers se eiendom te beskerm en te verseker dat die regte prosedures gevolg word voor daar enige ontwikkeling plaasvind.

Kontaknommers: 082 848 5528 / 079 885 1135 / 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.