fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-toespraak oor Menseregtedag-mosie in Gautengse Wetgewer

Geagte Speaker,

Ons praat vandag hier oor ‘n term wat veel meer betekenis het as wat ons almal wat hier sit, dink. Menseregte is nie sommer net nog ‘n woord wat ons links en regs kan rondgooi ter wille van politieke gewin nie. Hierdie is ‘n woord wat ernstig, veral in Suid-Afrika, deur almal, insluitend die regering, gebruik moet word.

Menseregte verwys na die basiese regte en vryhede waarop alle mense geregtig is – wat dikwels geag word as sou dit die reg tot lewe en vryheid, vryheid van denke en uitdrukking en gelykheid voor die reg insluit. Menseregte word onderskryf deur die Verenigde Nasies (VN) in Artikel 1-3 van die Handves van die VN. In die Europese Konvensie word hierdie reg gedefinieer en gewaarborg sedert 1950 as fundamentele vryhede in Europa.

Menseregte sluit gewoonlik die volgende in:

In baie gevalle gebeur die tenoorgestelde in Suid-Afrika die afgelope 21 jaar. Moorde en plaasmoorde, kapings, verkragtings en martelings van mense in hul huise is niks anders nie as ‘n totale volksmoord en menseslagting . Dit terwyl die regering hande gevou sit en geen daadwerklike poging aanwend om die misdaadsituasie in Suid-Afrika om te keer nie.

Die misdadiger en buitelander wat Suid-Afrika onwettig binnekom, het meer menseregte onder die ANC-regering as wat ek en vele ander Suid-Afrikaners, wat hier gebore is, ooit sal hê.

Geagte Speaker,

Ek self is vandag, soos ek hier staan, deel van misdaadstatistiek. My menseregte is al geskend deur die feit dat ek drie keer sedert 2000 in die nag, terwyl ek geslaap het, in my huis beroof is van alles wat ek besit het. Drie weke gelede het nege mans my en my sekretaresse hier in Rissikstraat, Johannesburg omsingel en probeer beroof.

Ek is baie nou betrokke by misdaadbekamping in my gemeenskap waar ek woon. Ek slaap snags agter tralies en alarms om my en my gesin te beskerm. Wanneer gaan dit ooit eendag ophou? Wanneer gaan hierdie regering eendag besef wat werklik in ons gemeenskappe aan die gang is?

Ons kan verskeie mosies op die tafel plaas. Ons kan soos die ANC maak, apartheid die skuld gee vir alles – maar sonder daadwerklike optrede van die regering om wet en orde in hierdie land terug te bring – is alle pogings wat ons aanwend net ‘n vermorsing van tyd.

Die regering moet besef dat die dag gaan aanbreek wanneer Suid-Afrikaners uit desperaatheid geregtigheid in eie hande gaan neem en drastiese stappe gaan toepas om terug te veg teen hierdie boosheid wat besig is om ons land te verswelg.

 

Philip van Staden

084 015 4722

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.