Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus ten gunste van die ondersoek na Tshwane-stadsbestuurder

Die VF Plus in Pretoria is ten gunste van die ondersoek na die werksaamhede van die Tshwane-metroraad se stadsbestuurder, dr. Moeketsi Mosola.

Tydens ‘n sitting gister het die raad besluit dat die aantygings teen dr. Mosola ondersoek moet word en dat hy binne 7 dae redes moet verskaf hoekom sy dienste nie opgeskort moet word nie.

Dr. Mosola word daarvan beskuldig dat hy betrokke is by die toekenning van ‘n onreëlmatige kontrak ter waarde van R12 miljard aan GladAfrica.

Die VF Plus, wat deel is van die koalisie-regering van Tshwane, dring daarop aan dat alle bewerings van ongerymdhede volledig ondersoek word en dat skuldiges aanspreeklik gehou en strafregtelik vervolg moet word. Skoon regering wat verantwoordbaar is aan belastingbetalers is slegs moontlik indien daar vreesloos teenoor korrupte amptenare opgetree word.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.