fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus staan bankvas agter Bethal-inwoners wat Govan Mbeki-munisipaliteit hof toe sleep

Die VF Plus in Mpumalanga ondersteun die inwoners van Bethal en eMzinoni wat die hof genader het om die nuttelose Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit (GMM) wat Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda en Trichardt bedien, verantwoordelik te hou vir die elektrisiteitskrisis in dié munisipaliteit.

Die hofverrigtinge het op 31 Augustus begin om die GMM, die Gert Sibande-distriksmunisipaliteit en Eskom tot verantwoording te roep vir die heersende elektrisiteitskrisis en deur nie ‘n basiese diens aan betalende verbruikers te lewer nie.

Die GMM gaan intussen op 26 September voort met sy onderhandelinge met Eskom om te probeer om tot ‘n vergelyk te kom oor die munisipaliteit se uitstaande skuld en om ‘n afbetalingsooreenkoms te sluit.

Terwyl die GMM betwis dat hy R1,2 miljard aan Eskom verskuldig is, weier Eskom weens die uitstaande skuld om Bethal en eMzinoni se aangemelde maksimun-aanvraag te verhoog. Dit beteken dat inwoners soms vir vier tot 20 ure per dag sonder krag gelaat word.

Die VF Plus in die GMM was een van die politieke dryfvere wat dié kwessie telkemale onder die media se aandag gebring het en die saak tot in die provinsiale wetgewer gedryf het.

Die party staan bankvas agter die GMM-inwoners en sal aanhou om druk te plaas op Mpumalanga se premier, me. Refilwe Mtsweni-Tsipane, om in te tree en 'n oplossing vir die krisis te bemiddel.

Dit is ‘n skande dat inwoners hulle tot ‘n hof moet wend om ‘n munisipaliteit te dwing om sy verpligtinge teenoor belastingbetalers na te kom.

Dit onderstreep opnuut die VF Plus se standpunt dat daar weggedoen moet word met megastede en plaaslike munisipaliteite wat uit verskeie dorpe bestaan. Plaaslike regering moet nader aan gemeenskappe gebring word.

Inwoners van Govan Mbeki moet met die plaaslike regeringsverkiesing saam met die VF Plus opstaan en saamstaan en ‘n sterk boodskap aan die ANC stuur dat die wanbestuur en swak dienslewering nie geduld sal word nie.

Navrae: 082 795 8895

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.