Die VF Plus spreek hiermee sy medelye uit teenoor die naasbestaandes van die twee leerlinge van die Hoërskool Birchleigh wat Sondag in die see by Durban verdrink het.
Die seuns, Malatswa Kgasago (18) en Kamsi Eqeugo (17) was op ‘n rugbytoer toe die tragedie plaasgevind het.
Om twee leerlinge op so ‘n jong ouderdom te verloor is, nie net hartseer vir die skool nie, maar laat ook ‘n leemte in die samelewing waar hulle gewoon het. Mag die Here hul gesinne vertroos en vrede bring.