Die VF Plus se buitengewone groei gedurende die afgelope nasionale en provinsiale verkiesing het gelei tot die verkiesing van nuwe raadslede en provinsiale wetgewerslede.
Mnr. Kobus Hoffman, sakeman en voormalige VF Plus-raadslid in die Sedibeng-distrikmunisipaliteit, is verkies tot lid van die Gautengse wetgewer waar hy onder andere op die gemeenskapveiligheids-portefeuljekomitee dien.
Hy word in die Sedibeng-distrikmunisipaliteit opgevolg deur mnr. Rian Lubbe, bekende inwoner en sakeman van Midvaal.
Die VF Plus is reeds volstoom besig met voorbereidings vir die 2021-munisipale verkiesing waar groot welslae verwag word.
Kontaknommer: 071 640 7283