Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus se verkiesing-advertensie in gebaretaal laat dowes “hoor”

Die Vryheidsfront Plus-jeug in Gauteng is trots op die party se eerste verkiesingsadvertensie in gebaretaal wat gehoorgestremde Suid-Afrikaners bemagtig om ‘n ingeligte besluit op 8 Mei te maak.

Daar is sowat 600 000 gehoorgestremde Suid-Afrikaners wie se eerste taal Suid-Afrikaanse Gebaretaal (SAGT) is.

Hierdie minderheidsgemeenskap se regte lê die VF Plus na aan die hart, en daarom sal dié party aanhou veg vir minderheidsregte in Suid-Afrika.

Daar word te min gedoen om gebaretaalregte en die gebruik van die braille-leesmetode in Suid Afrika te bevorder. Gebaretaal en braille is net so belangrik soos enige ander gesproke taal en het dus ‘n grondwetlike reg tot beskerming en bevordering.

Interessante statistiek:
• Daar is sowat 40 skole vir dowes in Suid-Afrika.
• Sowat 90% van dowe kinders het horende ouers .
• Slegs sowat 30% van spraak is op die lippe sigbaar.

Die doel van die advertensie is nie net om gehoorgestremdes na die stembus te lok nie, maar ook om horende gemeenskappe in te lig rondom probleme wat dowe- en blinde-mense daaglikse ondervind.

Die VF Plus-jeug bedank die vervaardiger van die advertensie, Dewald Naude, en sy span met die samestelling daarvan. VF Plus sal altyd die belange van minderheidsgroepe op alle platvorms, vanaf die stadsrade tot parlement, uitdra.

 

Kontaknommer: 079-224-7321

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.