Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus raak betrokke om lot van wit en bruin mense in ‘n informele nedersetting by Mamre te verbeter

Die VF Plus het betrokke geraak by die lot van ‘n groep wit en bruin mense van ‘n informele nedersetting buite Mamre op wie ‘n onseker toekoms wag.

Die party het onlangs gehelp om alternatiewe behuising in die Noord-Kaap te vind vir een van die bejaarde inwoners wat nog aktief en selfversorgend is.

Die nedersetting, genoem Hek 6, is op die Silwerstroom/Mamre-pad naby Mamre en Atlantis aan die Kaapse Weskus. Daar woon sowat ‘n honderd mense van wie meer as die helfte bejaard is. Sommige, so oud as 87 jaar, se toestand is so swak dat hulle nie na hulself kan omsien nie.

Die VF Plus se voorstel is dat al die inwoners aansoek doen om op bestaande behuisingswaglyste geplaas te word.

Die party beywer hom ook daarvoor om in samewerking met maatskaplike werkers, geskikte, alternatiewe blyplek vir die senior burgers by tehuise vir sorgbehoewende bejaardes te vind.

Intussen werk die VF Plus ook saam met ander gemeenskapsorganisasies en owerheidsinstellings om die gemeenskap se lewensomstandighede te verbeter.

Kontaknommer: 072 195 6581

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.