fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-raadslid dien strafregtelike klag in teen speaker na doodsdreigement

Die VF Plus het gister ‘n strafregtelike klag aanhangig gemaak teen die speaker van die Govan Mbeki-plaaslike munisipaliteit, Fikile Magagamela, vir die uiter van 'n doodsdreigement.

Die klag spruit voort uit die speaker se dreigement teenoor die VF Plus se raadslid die vorige dag tydens ‘n raadsvergadering waar die raadslede se verlof bespreek moes word.

Tydens die vergadering was daar 'n onderonsie tussen die speaker en 'n DA-lid, waarna me. Magagamela die lid uit die saal laat verwyder het.

Die speaker het daarna die VF Plus-raadslid gevra waarom sy nie vir haar in die bresse getree het nie. Die VF Plus het in reaksie genoem dis 'n saak tussen die speaker en die DA.

Me. Magagamela het toe oorgeleun en aan die raadslid gefluister dat sy haar sal doodmaak.

Nadat me. Magagamela deur die VF Plus oor haar dreigement konfronteer is, het sy in 'n stemnota genoem dat sy net 'n grappie gemaak het.

Die VF Plus neem egter die uitlating in 'n ernstige lig. Die party kan nie dreigemente van die ANC duld in die uitvoer van sy pligte binne raadsittings nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.