fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus nader sakelui en burgemeester om Emfuleni van totale ondergang te red

Die VF Plus in Emfuleni (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark en Vereeniging) het die afgelope week verskeie organisasies en belangegroepe genader om ‘n omkeer-benadering jeens dienslewering in die dorp te bewerkstellig.

Emfuleni het die afgelope tyd ongekende agteruitgang in dienslewering beleef en die VF Plus het met die nuutverkose burgemeester, Jacob Khawe, in gesprek getree. Dié samesprekings was suksesvol en sekere opknappings is reeds gedoen.

Die VF Plus doen ook ‘n ernstige beroep op voormalige amptenare, sakelui en gemeenskapslede om deel te wees van ‘n taakspan wat finansiële- en infrastuktuurprobleme aanspreek.

Die VF Plus bied hiermee die geleentheid aan die stadsraad van Emfuleni om verlore kundigheid terug te bring en sodoende ‘n werkbare oplossing vir kiesers en belastingbetalers te vind.

Die infrastruktuur- en finansiele-ineenstorting kan omgekeer word indien die stadsraad bereid is om met die taakspan hande te vat en daadwerklik op te tree.

Kontaknommer: 071 640 7283

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.