Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus moedig Afrikaanse ouers aan om op 20 Mei hulle kinders te registreer in Afrikaanse skole vir 2020

Die VF Plus wil Afrikaanse ouers daaraan herinner en aanmoedig om van 08:00 op 20 Mei hul kinders te registreer in Afrikaanse skole. Die Gautengse onderwysdepartement bedryf ‘n aanlynstelsel waardeur dit gedoen moet word.

Dit is belangrik aangesien die stelsel en regulasies in terme waarvan leerders toegelaat word om in skole in te skryf, polities van aard is en daarop gerig is om Afrikaanse skole oop te dwing om anderstalige leerders in te neem waardeur die skole uiteindelik heeltemal verengels word.

Die stelsel is volgens die VF Plus geskep met die uitsluitlike doel om Afrikaanse skole te vernietig. Daarom moet Afrikaanse ouers vinnig uit die blokke spring op Maandag 20 Mei om hulle kinders in Afrikaanse skole te registreer en die skole vol te maak met Afrikaanse leerders vir 2020.

Die grondwetlike hof het juis beslis dat ‘n vol skool nie gedwing kan word om anderstalige leerders in te neem nie.

Afrikaanse skole word reeds al hoe minder weens regeringsinmenging. Die ANC-regering skep opsetlik ‘n situasie waar skole vir anderstalige leerders nie geredelik beskikbaar is nie weens die gebrek aan die skep van nuwe infrastruktuur ten spyte van goeie begrotings.

Op hierdie slinkse wyse word Afrikaanse skole die ideale teiken om anderstalige leerders in te neem wat die begin van die einde van die meeste van daardie skole se Afrikaanse leerkultuur beteken.

Afrikaanse ouers kan wal gooi teen hierdie aanvalle deur Maandag te sorg dat hul kinders spoedeisend geregistreer word in Afrikaanse skole vir die 2020 inname. Die aanlynstelsel kan gevind word by https://www.gdeadmissions.gov.za/ .

Indien iemand probleme ervaar met dié registrasiestelsel, kan ‘n e-pos gestuur word na die VF Plus by help@vfplus.org.za met die onderwerp; Gauteng skole-toelating.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.