fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-medelye met moord op egpaar van Port Shepstone

Die VF Plus wil hiermee sy meegevoel uitspreek met die naasbestaandes van die egpaar Murray (67) en Julie Ross (60) van Umtentweni by Port Shepstone wat die afgelope naweek in hul huis vermoor is.

Dit wil hierdie stadium voorkom of die egpaar tydens die rooftog wreed vermoor is. Beide het steekwonde aan die nek en kop gehad.

Die egpaar was bekend en bemind in hul omgewing en dit is tragies dat hulle deel van die land se skerp stygende misdaadstatistiek geword het.

Met die bekendmaking van die polisie se kwartaallikse misdaadstatistiek twee weke gelede, het mnr. Bheki Cele, minister van polisie, onder meer aangedui dat 5 760 mense in die maande April, Mei en Junie in Suid-Afrika vermoor is. Feitlik alle ander vorme van misdaad het ook skerp toegeneem.

Intussen neem die polisie nie nuwe lede in nie en talle gesoute en ervare polisielede verlaat die diens. Dit sal bloot daartoe lei dat misdaad verder sal styg totdat ‘n regering aan bewind kom wat regtig ernstig is oor die veiligheid van die publiek.

Tot dit gebeur sal lewens goedkoop bly in die land en sal misdaad hoogty vier. Die tragiese moord van die egpaar-Ross getuig daarvan.

Navrae: 079 509 9067

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.