Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug in Gauteng bring op Jeugdag hulde aan Roydon Olckers van Hoërskool Driehoek wat tragies gesterf het

Die VF Plus-jeug in Gauteng het gister op Jeugdag hulde gebring aan Roydon Olckers wat op 1 Februarie 2019 tragies gesterf het nadat ‘n loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineen gestort het.

Roydon het twee mede-leerlinge onder die vallende loopbrug uitgestamp, maar in die proses met sy eie lewe geboet.

VF Plus-jeuglede het blomme langs die skoolheining geplaas ter herinnering aan dié dag waar drie leerders tragies gesterf en 23 beseer is.

Roydon se onselfsugtige heldedaad, waar hy mede-leerlinge se lewe bo sy eie gestel het, is ‘n stuk geskiedenis wat nooit vergeet kan word nie en daarom het die VF Plus-jeug in Gauteng Jeugdag aan hom opgedra.

Die instandhouding van alle skoolgeboue is uiters belangrik en daarom sal die VF Plus-jeug voortgaan om druk op die Gautengse departemente vir onderwys en openbare werke te plaas om skoolinfrastruktuur gereeld na te gaan om nog ‘n Hoërskool Driehoek-tragedie te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.