Die VF Plus-jeug in die Vrystaat, in samewerking met die FAK en ander organisasies, het die afgelope naweek (Saterdag 15 Mei) gehelp om Kroonstad se konsentrasiekamp-kerkhof skoon te maak.
Baie erfenisterreine word verwaarloos en die waarde van die geskiedenis word onderskat. Sowat 2000 vroue en kinders het tydens die Anglo-Boereoorlog tussen 1899 en 1902 in dié konsentrasiekamp gesterf.
Samewerking tussen organisasies om die Afrikaner-geskiedenis vir die nageslag te bewaar, is van die grootste belang en daarom sal die VF Plus altyd daarna streef om die Afrikaner se grondwetlike reg om sy kultuur en erfenis te herdenk, uit te leef.
Suid-Afrika se gedeelde erfenis bevat beide goed en sleg, maar Afrikaners het die reg om trots te wees op wie hulle is, waar hulle vandaan kom en op hul voorgangers wat op verskeie wyses bygedra het tot Suid-Afrika se sukses.
Daar is krag in geskiedenis en om dit te ontgin moet mense dit ken en verstaan. Die VF Plus-jeug beywer hom daarvoor.
Navrae: 082 863 4130