fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Mpumalanga dien klag in by openbare beskermer (OB) teen munisipaliteite wat Eskom groot bedrae skuld

Belastingbetalers kan nie langer aanspreeklik gehou word vir die wanbetaling van munisipale rekenings aan Eskom nie.

Na talle pogings om die herhaalde munisipale kragonderbrekings aan te spreek en die ernstige probleem aan die departement van samewerkende regering voor te lê, het die VF Plus besluit om ‘n klag by die openbare beskermer (OB) in te dien teen die munisipaliteite van Dipaliseng (Balfour, Greylingstad, Grootvlei), Govan Mbeki (Bethal, Charl Cilliers, Embalenhle, Evander, Kinross, Leandra, Secunda, Trichardt) en Lekwa (Morgenzon, Standerton).

Weens die wanadministrasie van dié munisipaliteite, is belastingbetalers wat hul rekeninge getrou betaal, nou selfs onderhewig aan beurtkrag wat soms tot twaalf ure duur.

Die VF Plus ontvang deurlopende klagtes van inwoners in hierdie munisipaliteite waar gesinne hul bevrore voedselvoorraad verloor het weens swak skedulering van krag, of geen kennisgewing van beurtkrag nie.

Sakeondernemings wat gedurende die Covid-19-grendeltyd kon werk, het ook groot verliese weens die aanhoudende kragonderbrekings gely.

Die VF Plus is van mening dat die OB hierdie ernstige saak moet ondersoek en aanbevelings moet doen oor hoe inwoners eise teen munisipale versekeringsfondse kan instel sodat die munisipaliteite gedwing kan word om inwoners te vergoed vir skade wat gely is, ongeag wat die skade behels.

 

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.