fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus het geen vertroue in ‘vlugtende’ president Jacob Zuma nie

Pres. Jacob Zuma ‘hardloop weg’ van sy pligte en verantwoordelikhede, en die VF Plus het nie vertroue in ‘n ‘n vlugtende president nie, het dr. Pieter Groenewald, die VF Plus se woordvoerder oor die presidensie, vandag in die wantrouedebat oor president Zuma gesê.

Dr. Groenewald, het gesê die president van Suid-Afrika word ingevolge die Grondwet nie deur die ANC gekies nie, maar in ‘n geheime stemming deur die Nasionale Vergadering.

Hy het gesê die president is daarom ‘verantwoordbaar’ aan die Nasionale Vergadering en het hy sekere verpligtinge in dié verband.

“In dié opsig is daar ‘n leemte in die Grondwet aangesien ‘n stemming in ‘n wantrouedebat oor die president nie ook in die geheim kan geskied nie. Die ANC kon dalk ‘n groot verrassing kry indien dit wel die geval sou wees.

“Die president hardloop weg van sy verantwoordelikhede. In hierdie raadsaal was ‘n debat oor soldate van Suid-Afrika wat gesterf het in die Sentraal -Afrikaanse Republiek. Die president was nie teenwoordig nie. Hy is opperbevelhebber van die weermag, maar hy hardloop weg van sy verpligtinge.

“Daar was ‘n debat in hierdie raadsaal oor sy vriende wat ongemagtig op Waterkloof geland het. Die president is weer nie teenwoordig nie. Hy hardloop weer weg van sy verpligtinge en verantwoordelikhede.

“Daar was vrae wat hier gevra is oor Nkandla, sy persoonlike huis. Hy het hier gesit toe ek hom verlede week gevra het om ‘n vraag oor Nkandla te beantwoord, maar hy hardloop weg, hy beantwoord nie sy vrae nie.

“Hier is vandag ‘n debat oor ‘n mosie van wantroue in die president, en waar is hy? Hy hardloop weg. Ons het ‘n vlugtende president in Suid-Afrika.

“In Hollywood is ‘n prent gemaak, die Runaway Bride. Sy wou nie die verantwoordelikhede van ‘n huwelik aanvaar nie, en het weggehardloop. Dit klink baie soos die president van Suid-Afrika. Hy hardloop weg van debatte oor soldate wat gesterf het, van Waterkloof en die Guptas en van vrae oor belastingbetalers se geld wat by Nkandla bestee is.

“Daar is egter ‘n groot verskil tussen ‘n Hollywood-prent en die realiteit van wat in Suid-Afrika gebeur. Die VF Plus kan nie vertroue hê in ‘n vlugtende president nie,” het dr. Groenewald gesê.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 083 419 5403

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.