Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus help Transnet-pensioenarisse optog hou na Uniegebou oor hul pensioene

Sowat vierhonderd pensioenarisse van Transnet het gister ‘n optog na die Uniegebou in Pretoria gehou om opnuut die kollig op hul uitgerekte stryd teen die regering te laat val. Die VF Plus sal aanhou om hierdie stryd saam met die pensioenarisse te voer tot die saak volbring is.

‘n Memorandum gerig aan president Cyril Ramaphosa en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, wat by die Uniegebou oorhandig is, lui dat pensioenarisse van alle rassegroepe die afgelope jare ‘n verhoging van slegs 2% per jaar ontvang terwyl die lewenskoste selfs hoër as die amptelike inflasiekoers gestyg het.

Die memorandum lui voorts dat die meeste pensioenarisse skaars R2 000 of minder per maand ontvang. Baie ontvang slegs R1.00 nadat mediese fonds-bydraes afgetrek is en dit is totaal onmenslik.

Die pensioenarisse besef dat ‘n suksesvolle eis teen Transnet die staat groot skade kan berokken, maar hulle verdien op hul ouderdom ‘n “menslike leefwyse wat van hulle ontneem is deur die wanbestuur van hul pensioenfondse deur Transnet”.

Die VF Plus het reeds gesprekke met minister Gordhan gevoer in ‘n poging om ‘n skikking te bereik. Indien die saak voortgaan en die staat verloor, kan dit die land se kredietgradering uiters nadelig beïnvloed.

Die pensioenarisse eis net geregtigheid en die betaling van hul pensioene soos deur Transnet belowe. Hulle eis ook beter bestuur van hul pensioenfondse deur die raad van trustees asook 'n demokratiese verkose onafhanklike voorsitter.

Die VF Plus sal intussen aanhou veg namens die pensioenarisse om ‘n oplossing deur middel van ‘n skikking met die staat te bereik. Hierdie aangeleentheid is werklik ‘n menslike tragedie wat direk die lewe van baie ou en sieklike bejaardes gekos het en tienduisende ander tot ‘n sukkelbestaan verdoem het.

Dit is ‘n skreiende skande dat enige regering kan toelaat dat so iets gebeur en dan boonop gevoelloos in die hof veg teen die mense wat net vra wat hulle toekom.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.