fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om skaars swartmossievalk in Brakpan te red

Die VF Plus was instrumenteel om ‘n jong swartmossievalk wat uit sy nes vanuit ‘n hoë bloekomboom op die State Mine Country-gholfklub in Brakpan geval het, weer in sy nes terug te kry.

Die seldsame swartmossievalk kom in die Wes-Kaap voor, maar weens die vermindering van bloekombome word hulle al hoe meer in Gauteng aangetref.

Die swartmossievalk is deur gholfspelers gesien waar hy onder die boom gelê het. Hulle het ‘n paar organisasies geskakel waaronder die Dierebeskermingsvereniging (DBV).

Die aanvanklike plan was om ‘n krat aan ‘n stuk tou vas te maak en die jong valk met toue die 25m na sy nes op te hys.

Die plan was onuitvoerbaar en die VF Plus-raadslid in die Ekurhuleni-metroraad en lid van die gemeenskapsveiligheidskomitee is geskakel om die brandweer in te span om die reddingswerk te doen.

Die brandweer het dadelik ‘n brandweerwa gestuur, maar die leer was te kort. ‘n Splinternuwe reddingsvoertuig, wat onlangs teen R30 miljoen aangekoop is en ‘n opgeleide operateur, is van Boksburg ontplooi om te help.

Die swartmossievalk is met die hulp van hierdie spanpoging met sy gesin herenig.

Hierdie is ‘n voorbeeld waar ‘n probleem opgelos kan word wanneer die wil – ook die politieke wil – daar is.

Die VF Plus het ‘n hart vir diere en sal ook daarom alles in sy vermoë doen om die belange van diere te bevorder.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.