fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus help om grondgrype in Vanderbijlpark te voorkom

Die vinnige optrede van VF Plus-politici en veiligheidsdienste om gister 50 plakkers te verhinder om ‘n oop stuk grond langs Andries Potgieterrylaan in Vanderbijlpark te beset, is ‘n goeie voorbeeld hoe mense kan saamwerk om onwettige grondgrype te voorkom.

Die VF Plus was gou op die toneel nadat inwoners die party gevra het om in te gryp na beduidende voorvalle van grondgrype die afgelope jaar in die gebied.

Met die hulp van die Emfuleni-wetstoepassingseenheid, die polisie en die gemeenskap, is die besetting ‘n paar uur daarna stopgesit.

Die VF Plus is bekommerd dat staatsgrond en privaateiendom voortdurend geteiken word deur mense wat die reg in hul eie hande neem. Eienaars van eiendom moet dikwels duur regskostes aangaan om die hof te nader om grondgrype te keer.

Gemeenskappe word gedwing om na hul eie veiligheid en sekuriteit om te sien om hulle teen onwettige besetters en misdaad te beskerm.

In sekere gevalle word gedeeltes van woongebiede deur private sekuriteitsmaatskappye beheer waarvoor huiseienaars betaal.

Gemeenskappe van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) het die geleentheid om gedurende die komende munisipale regeringsverkiesing saam met die VF Plus op te staan en saam te staan teen onwettige grondgrype en vir strenger wetstoepassing.

Navrae: 076 6162124

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.