Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-groei in Noordwes is vrug van harde werk

Die VF Plus is trots daarop dat sy harde werk beloon is in die Noordwes-provinsie en die party onderneem om voort te gaan om al die mense van die provinsie na die beste van sy vermoë te dien. Die VF Plus kan dit doen deurdat hy die gemeenskap verteenwoordig op al drie vlakke van regering.

Die provinsiale leier, mnr. Michal Groenewald, is verkies tot die nasionale parlement en mnr. Erns Kleynhans tot die provinsiale wetgewer.

Groenewald is sedert sy skooldae aktief betrokke by die party se verkiesingsveldtogte en strukture en beskik oor twintig jaar se ondervinding in die politiek. Hy dien tans op die plaaslike regerings- en regskomitee van die party se federale raad en is sedert 2011 ‘n raadslid in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit en die Dr. Kenneth Kaunda-distriksraad.

Hy is ook verkies as direkteur van Midvaal Watermaatskappy, waterverskaffer aan die Matlosana-munisipaliteit. Hy studeer tans in sy finale jaar B.Com-Regte aan Unisa.

Kleynhans is sedert 2015 aktief betrokke by die party en dien op die strategiekomitee van die party se federale raad. Hy is sedert 2016 raadslid in die Matlosana-munisipaliteit en was deel van die ekononomiese groei- en infrastruktuurkomitees binne die plaaslike raad.

Hy was betrokke in die sake-wêreld as konsultant en sakeman wat verskeie uitvoertransaskies beklink het. As gesinsmens is hy en sy vrou trotse ouers van ‘n tweeling seuns.

Die party heet ook twee nuutverkose raadslede in die Matlosana-plaaslike munisipaliteit welkom. Hulle is me. Lee-Ann Scott en mnr. Hendrik Jordaan.

Scott is sedert 2016 betrokke by die party se verkiesingsveldtogte. Tydens die munisipale verkiesingsveldtog in 2016 het sy as kandidaat gestaan en vandaar het haar passie vir die politiek en die gemeenskap gegroei. Sy is baie entoesiasties oor haar aanstelling as raadslid en vertrou dat sy ’n positiewe bydrae kan lewer wat ’n verskil kan maak. Sy het haar Baccalaureus Artium (BA)-graad in Rekreasiekunde en Toerismebestuur aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom verwerf.

Jordaan, ‘n oudleerling aan Schoonspruit Hoërskool, is ‘n gekwalifiseerde telekommunikasie-infrastruktuur-beplanner. Buiten sy sakebedrywighede, is hy ook ‘n ywerige skubaduiker en duikinstrukteur. Hy is ook ‘n gesoute skut. Jordaan in 2016 betrokke geraak by die VF Plus en het dadelik besef dit is die aangewese wyse om effektief ‘n positiewe verskil in sy gemeenskap te maak.

Daar is baie harde werk wat voorlê in dié provinsie en al die nuwe VF Plus-verteenwoordigers sien uit daarna om die verantwoordelik te aanvaar en die gemeenskap so goed as moontlik te dien.

Kontaknommer: 079 409 8342

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.