fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-gesprek met Solidariteit

Die leierskap van die Vryheidsfront Plus en leiers van Solidariteit, AfriForum en Solidariteit Helpende Hand het ’n konstruktiewe gesprek in Pretoria oor huidige toestande in Suid-Afrika en oor die komende verkiesing gevoer.

Die VF Plus-afvaardiging is deur dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en dr. Pieter Groenewald, voorsitter van die party gelei. Mnr. Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit en Steve Scott, president van Solidariteit-vakbond, was aan die hoof van die Solidariteit-afvaardiging.

Regstellende aksie, swart bemagtiging, voorwaardes vir ’n vryemark-ekonomie en grondhervorming is onder andere van die sake wat bespreek is. Daar is ook gekyk na die spesifieke rolle van ’n politieke party teenoor die van ’n vakbond en ’n burgerlike beweging.

Dr. Mulder het sy tevredenheid met die gesprek uitgespreek en aangedui dat heelwat sake van gemeenskaplike belang geïdentifiseer is. Hy het aangetoon hoe albei organisasies as een van hulle belangrikste uitgangspunte die belangrike rol en plek van gemeenskappe en minderhede in Suid-Afrika het. Volgens hom is hier heelwat ruimte vir sinvolle samewerking omdat die partye oor baie sake saamgestem het.

Dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofsweep, adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementslid en mnr. Lourie Bosman, voormalige parlementslid en president van Agri SA, was die ander lede van die VF Plus-afvaardiging.

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.