Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis ondersoek na moontlike nalatigheid van dokter

Die VF Plus eis dat die LUR vir gesondheid in die Vrystaat, Montseng Tsiu, ‘n ondersoek laat doen na die omstandighede van die dood van 'n vrou van Virginia hierdie week.

Die pasiënt is Dinsdag oorlede nadat die dokter by die Katleho-hospitaal glo uitslae van ‘n EKG-toets Maandag geïgnoreer het. Hy het die toetse, wat dui dat sy moontlik ‘n hartaanval kry, in die snippermandjie gegooi.

Sy is met paracetemol en aspirin huistoe gestuur en is die volgende dag oorlede.

In sy aanvanklike reaksie het die Vrystaatse gesondheidsdepartement aangedui hy is tevrede dat die dokter reg opgtree het.

Die VF Plus het die LUR amptelik versoek om binne 21 dae ‘n ondersoek na die voorval te doen.

Swak diens by staatshospitale mag nie tot lewensverlies lei nie. Dokters maak soms menslike foute, maar wanneer toetse wat blatant geïgnoreer word en na bewering in ‘n snippermandjie gegooi word moontlik tot die dood van ‘n pasiënt lei, moet die moontlikheid van growwe nalatigheid deur die departement ondersoek word.

Die Grondwet bepaal pasiënte het die reg tot mediese diens. Indien die ANC voortgaan om sy NGV-beleid af te dwing, sal pasiënte se regte en lewens ook beskerm moet word. Tans gebeur dit nie.

Indien die LUR nie ‘n ondersoek na die voorval laat doen en afhandel nie, sal die VF Plus die nasionale minister van gesondheid versoek om ‘n ministeriële ondersoek te laat doen.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.