fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dringende dissiplinêre optrede teen burgemeester van Kgetlengrivier-munisipaliteit

Die VF Plus het vandag in ‘n skrywe aan Mmoloki Cwaile, Noordwes se LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), geëis dat dissiplinêre stappe voor of op 8 Junie 2021 geneem word teen Amogelang Selaledi, die burgemeester van die Kgetlengrivier-plaaslike munisipaliteit.

Hierdie stap volg op die optrede van Selaledi tydens ‘n raadsvergadering gister, waar hy die vergadering saam met die ANC-koukus verlaat het sonder om die vergadering te verdaag. Hy dien ook as speaker van die munisipale raad in Kgetlengrivier.

Selaledi het voorts geweier dat ‘n mosie vir sy verwydering uit sy ampte tot stemming in die raad gebring word.

Hierdie onbehoorlike optrede deur die burgemeester en sy ANC-koukus is ‘n spieëlbeeld van die algehele verval en wanadministrasie wat in die Kgetlengrivier-munisipaliteit heers. Dit weerspieël ook sy algehele minagting vir ordelike demokratiese prosesse en die wette van die land.

Die inwoners van Koster, Swartruggens en Derby ly reeds lank onder hierdie ANC-beheerde munisipaliteit se wanadministrasie, algehele onvermoë om basiese dienste te lewer en infrastruktuur in stand te hou. Kragonderbrekings en watertekorte is aan die orde van die dag en sommige strate is bykans onbegaanbaar.

Die VF Plus verwag van die LUR om toe te sien dat die burgemeester aanspreeklik gehou word vir sy optrede en dat die voorgeskrewe dissiplinêre prosedures korrek toegepas word.

Kiesers moet in die komende verkiesing saam met die VF Plus opstaan en saamstaan om met hul stem te verseker dat die ANC in Kgetlengrivier vervang word met bevoegde verteenwoordigers wat hul belange voorop stel.

Navrae: 074 877 1155

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.