Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis Cosatu-lede se arrestasie

Die VF Plus eis dat die verantwoordbare leiers aanspreeklik gehou moet word vir die betoging wat 'n vertoning van Liewe Heksie gisteraand as deel van die Vrystaat Kunstefees in die Sand du Plessis Teater onderbreek het.

Sowat 60 betogers met Cosatu-hemde aan het gisteraand (16 Julie) 'n vertoning van Liewe Heksie onderbreek en die verhoog versper.

Indien die polisie nie die betogers gearresteer het nie, moet die LUR vir polisie in die Vrystaat verduidelik waarom persone wat 'n perseel onwettig betree het en rus versteur het, nie gearresteer is nie.

Hierdie optrede dui op onaanvaarbare gedrag wat nie in 'n samelewing van wet en orde verdra moet word nie.

Volgens Wouter Wessels, VF Plus-lid van die Vrystaatse Wetgewer, moet die organiseerders en die organisasie onder wie se mandaat hul opgetree het, gearresteer word. Hierdie tipe anargie sal voortgaan solank leiers en organisasies nie verantwoordbaar vir hul lede se optrede gehou word nie.

Wessels sê dat die reg tot betoging en vryheid van uitdrukking met verantwoordelikheid gepaardgaan en dat geen reg ander persone se regte mag inperk nie. Wat gisteraand in die Sand du Plessis gebeur het, moet veroordeel word en die verantwoordelike persone moet gearresteer word.

 

082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.