fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde oor Rand West City se kontrak met omstrede diensverskaffer

Die VF Plus eis antwoorde van die Rand West City-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) nadat die balju beslag gelê het op 29 noodsaaklike diensleweringsvoertuie.

In 2019 het die munisipaliteit 29 diensleweringsvoertuie aangekoop vanaf ‘n diensverskaffer genaamd Kwane Fleet Service (Pty) Ltd.

Kwane Fleet Serices het die aankoop van die diensleweringsvoertuie gefinansier deur Bidvest Bank Ltd.

Kwane Fleet Services het nie sy afbetalingsooreenkoms met die bank nagekom nie waarna die bank regstappe teen die maatskappy ingestel en op die voertuie beslag gelê het.

Voertuie waarop beslag gelê is, sluit onder meer in vullisverwyderingstrokke, voertuie wat gebruik word vir die herstel van paaie en voertuie wat deur die kragafdeling gebruik word op oorhoofse kraglyne.

Die beslaglegging van die voertuie beteken nou dat dienste nie meer effektief gelewer kan word nie.

Verskeie ander munisipaliteite, waaronder die Port St Johns- en Mabahase-plaaslike munisipaliteite in die Oos-Kaap, het in 2013 en 2015 kontrakte met dieselfde diensverskaffer aangegaan wat deur die ouditeur-generaal (OG) as onreëlmatig aangedui is.

Die Valke het ook Kwane Fleet Service se direkteur ondersoek en dié persoon het later in die hof vir bedrog verskyn.

Die VF Plus eis ‘n volle verslag van die munisipale bestuurder, Thabo Ndlovu, waarin aangedui moet word waarom daar in 2019 ‘n kontak met die diensverskaffer aangegaan is.

Daar moet ook verduidelik word watter stappe die munisipaliteit geneem het toe hulle bewus daarvan geword het dat die diensverskaffer in gebreke gebly het om sy verpligtinge tenoor die bank na te kom.

Die VF Plus wil weet waarom die verloop van sake só ver gegaan het en nog steeds nie op ‘n raadsvergadering bespreek is nie.

Die probleem kon vermy gewees het indien die munisipaliteit na behore bestuur was en die toekenning van tenders en kontrakte deursigtig en volgens meriete toegeken word.

Inwoners wat vir dienste betaal word nou gestraf vir die ANC se wanbestuur van die munisipaliteit.

Rand West City verdien beter as die ANC.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.