fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien kommentaar in teen voorgestelde gesondheidsregulasies en vra vir onttrekking daarvan

Die VF Plus het vandag sy kommentaar ingedien teen die voorgestelde gesondheidsregulasies en gevra dat die regulasies in geheel onttrek moet word.

Die voorgestelde wysigings is gepubliseer in Staatskoerant nommer 46048 van 15 Maart 2022.

Die VF Plus het ook verlede week in ‘n vergadering met die minister van gesondheid, Joe Phaahla, gevra vir die wegdoening van die regulasies.

Kommentaar van die publiek en ander belanghebbendes is ‘n duidelike boodskap dat daar wye teenstand teen die regulasies bestaan.

Die VF Plus is van mening dat die wysigings niks anders is as ‘n verskuiwing van politieke mag vanaf die een minister na ‘n ander nie.

Die ANC wil op hierdie wyse sy magsmisbruik van die ramptoestand voortsit nadat president Cyril Ramaphosa dit ná 750 dae op 4 April (vandeesmaand) opgehef het.

Die voorgestelde regulasies se doel is bloot om die regulasies van die Covid-19-ramptoestand te vervang.

Die VF Plus voorsien dat beswaar teen die regulasies in die komende week sterk sal uitkring nadat die sperdatum vir openbare deelname reeds op 14 April verleng is.

Die proses is reeds omstrede nadat e-pos met die reaksies van die publieke en belanghebbendes uitgewis is. Dit het aanleiding gegee tot dreigende regsaksies vanuit verskeie oorde.

Die departement van gesondheid verkeer reeds in ‘n finansiële penarie weens korrupsie, wanadministrasie, wanbestuur en groot regskostes weens mediese nalatigheid en kan daarom nie verdere hofsake bekostig nie.

Dit is belangrik om ‘n verenigde front te vorm teen hierdie jongste poging tot magsmisbruik van die ANC-regering en om saam toe te sien dat die voorgestelde regulasies in die kiem gesmoor word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.