fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in oor onwettige mynbedrywighede

Die VF Plus het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanhangig gemaak wat verband hou met onwettige mynbedrywighede in Frankfort.

Sand word tans onwettig uit die oewer van die Wilgerivier ontgin. Sover bekend is geen impakstudie vir die bedrywighede gedoen nie. Daar is ook geen amptelike lisensie toegeken vir die ontginning van die sand nie.

Die VF Plus-optrede, in samewerking met die Wilge-buurtwag op die dorp, volg op verskeie ondernemings deur die Mafube-raad om op te tree en die ontginning stop te sit. Beloftes dat die Vrystaatse regering en die voormalige premier, Ace Magashule, beheermaatreëls in werking sou stel, bly leeg.

Intussen word enorme skade aan die rivier se oewer reg langs ‘n woongebied aangerig. Die VF Plus is veral besorg oor wat die rehabilitasie van die oewer sal behels indien die onwettige ontginning voortgaan.

Die VF Plus steun enige inisiatief om ekonomiese ontwikkeling in Mafube te vestig. Dit is egter ontoelaatbaar om deur onwettige ontginning natuurlike hulpbronne te beskadig. Die Wilgerivier is ‘n belangrike waterbron vir die omgewing met boere en bestaansvissers wat afhanklik is van die rivier.

Die VF Plus sal voortgaan om die ANC se wanbestuur van Mafube, soos in hierdie geval, te stuit. Die toestand van die munisipaliteit, selfs onder administrasie deur die ANC-provinsiale regering, bly haglik.

Die ANC se nalatenskap van plundering, wanbestuur en korrupsie raak toenemend sigbaar, selfs wat kosbare, natuurlike hulpbronne aanbetref. Inwoners verdien beter.

Kontaknommer: 079 517 8059

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.