fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag in by MRK oor Tzaneen-watertekorte

Die inwoners van Tzaneen gaan al vir jare gebuk onder watertekorte en om dié rede het die VF Plus ‘n klag by die menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Sommige huishoudings is bykans die hele dag sonder water en in die aand word die watertoevoer om 21:00 afgesny om die reservoirs se vlak te stabiliseer of vol te maak.

Die voorstede in Tzaneen asook die sakegemeenskap in Plantasiestraat is knaend sonder water.

Boonop is waterpompstasie in landelike gebiede buite werking. Dit lei daartoe dat water onwettig in die dorp by brandweerkrane getap word om aan inwoners te verkoop.

Op 15 Maart het daar gewelddadige betogings plaasgevind en is die pad na Lenyenye versper omdat die inwoners van Thabane Village al vir 'n maand lank sonder water is.

Die party eis dat die MRK dringend ondersoek instel na hierdie skending van die inwoners se grondwetlike reg van toegang tot voldoende water.

Die VF Plus het ook gevra dat die MRK druk op die munisipaliteit plaas om sy verouderde waterinfrastruktuur te vervang en kragopwekkers by waterpompstasies te installeer.

Die munisipaliteit se direkteur vir ingenieursdienste, Hulisani Tshisevhe, moet ook dringend aan die probleem aandag skenk en volhoubare oplossings vind.

Die ANC-beheerde munisipaliteit versuim nou al vir jare om sy mandaat om water aan sy inwoners te voorsien na te kom.

VF Plus sal aanhou veg vir die inwoners van Tzaneen se reg tot behoorlike dienslewering.

Tzaneen verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.