fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus besorgd oor veiligheid in hospitale na dood van kind tydens bendegevegte

Die VF Plus is besorgd oor die veiligheid van pasiënte in hospitale na die dood van ‘n sesjarige seun, Karabo Thankanyane, tydens ‘n bendeaanval in die Carletonville-staatshospitaal.

Die monitor van die ventilator waaraan Karabo in die hospitaal se ongevalle-eenheid gekoppel was, is ten tyde van die voorval ontkoppel. Van die hospitaalpersoneel is beseer.

Dit is skokkend dat bendes by ‘n lewensnoodsaaklike instelling kan instorm waar faksies mekaar met bakstene, messe en pangas aanval. Die geweld is eers na twee ure in bedwang gebring toe die hospitaalbestuurder versterkte sekuriteit ingeroep het, en die polisie opgedaag het.

Die VF Plus dring daarop aan dat dié hospitaal veiligheidsmaatreëls instel om soortgelyke gebeure in die toekoms te verhoed en sal die saak op provinsiale vlak met die polisie opneem.

Die VF Plus vra ook dat die Carletonville-polisie die saak as dringend sal hanteer en ondersoek. Die bendelede wat verantwoordelik is, moet spoedig tot verantwoording geroep word.

Kontaknommer: 082 671 2302

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.