fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus besoek plaasvoorman van Modimolle in hospitaal na plaasaanval

Die VF Plus het gister mnr. Duan Slingerland, plaasvoorman van die plaas Sussenvale tussen Bela-Bela en Modimolle in Limpopo, in die hospitaal besoek nadat hy Saterdag deur vier aanvallers oorval, beroof en beseer is.

Hulle het die huis geplunder en onder meer met ‘n .22-geweer op die vlug geslaan in mnr. Slingerland se voertuig. Die aanvallers is nog op vrye voete.

Die VF Plus het tydens die besoek ook klere geskenk aan mnr. Slingerland wat alles verloor het in die rooftog.

Die VF Plus moedig inwoners van landelike gebiede aan om by hul plaaslike buurt-, plaaswagte en gemeenskappolisiëringsforums aan te sluit en hul persoonlike sekuriteitsmaatreëls op te skerp.

Die VF Plus sal aanhou om druk op die regering te plaas om die veiligheid van veral inwoners van landelike gebiede te prioritiseer.

Die VF Plus wens mnr. Slingerland ‘n spoedige herstel toe en spreek die hoop uit dat hy binnekort weer op sy pos sal wees.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.