Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bekommerd oor toekenning van tenders in Midvaal

Die VF Plus neem kennis van ‘n groep amptenare in die Midvaal-plaaslike munisipaliteit wat na vore gekom het om sekere bekentenisse te maak rakende die toekenning van tenders.

Die party is veral bekommerd oor bewerings dat daar moontlik ‘n botsing van belange is weens tendertoekenings aan familielede van senior politici.

Die VF Plus het verskeie versoeke gerig aan die burgemeester van Midvaal, Bongani Baloyi, asook die DA se provinsiale leier in Gauteng, John Moody, om besonderhede bekend te maak, maar sonder sukses.

‘n Munisipaliteit funksioneer net suksesvol wanneer ‘n beleid van deursigtigheid en goeie bestuursvermoë die orde is.

Die VF Plus sal aanhou vrae vra en kan nie toelaat dat belastingbetalers in die proses benadeel word nie.

Kontaknommer: 082 560 1414

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.