fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bedank Monavoni-gemeenskap vir bekamping van kabeldiefstal

Kabeldiewe het onlangs vier slote in ʼn afgeleë gebied gegrawe met die doel om kragkabels te steel. Hulle kon egter nie daarin slaag om dadelik die kabels te verwyder nie.

Die gemeenskap het die volgende dag die slote ontdek en onmiddellik op eie onkoste die slote laat toestoot.

Die toemaak van die slote het duidelik ʼn rol gespeel om die diefstal te voorkom.

Kabeldiefstal is al ʼn geruime tyd ʼn probleem in Monavoni.

Luidens die polisie se misdaadstatistiek is Monavoni ʼn hoë misdaadgebied en pro-aktiewe stappe van die gemeenskap versterk die hand van die polisie en Tshwane se metropolisie om misdaad en veral kabeldiefstal te beperk.

Kollektiewe gemeenskapspogings soos hierdie beteken baie om misdaad te stop te sit en die veiligheid van woonbuurte te verseker.

Die VF Plus bedank ook die metropolisie wat ʼn besonderse rol speel in die beveiliging van Monavoni en sy voortgesette strategie om misdaad in die gebied te bestry.

Daar kan reeds ʼn positiewe impak in die verband gesien word.

Die VF Plus moedig die gemeenskap aan om enige verdagte aktiwiteite aan die polisie en die metropolisie te rapporteer by die volgende nommers:

Polisie: 10111
Metropolisie: 012-358 7244 / 012- 358 7114.

Tesame kan die VF Plus, die gemeenskap van Monavoni en die polisie saamwerk vir ʼn veiliger omgewing om in te woon en werk.


Navrae: 082 493 0615

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.