fbpx
Vryheidsfront Plus

Vertraging van aansuiweringsbegroting beroof Ekurhuleni-inwoners van broodnodige dienslewering

Die inwoners van die Ekurhuleni-metro word geweldig benadeel met die vertraging in die aanvaarding van die aansuiweringsbegroting weens die gewelddadige ontwrigting van die metroraad se sittings.

Broodnodige dienslewering word as gevolg hiervan net ‘n groter uitdaging.

Die metroraad het die oorspronklike 2022/2023-begroting in Mei 2022 aanvaar.

Die doel van die huidige aansuiweringsbegroting is om die nuut ontwikkelde behoeftes van die metro te dien met verstellings aan die begroting om so goeie en gepaste dienslewering te verseker.

In hierdie aansuiweringsbegroting is spesiale aandag aan die energie-departement gegee om verouderde infrastruktuur wat negatief beïnvloed is deur die toename in beurtkrag, te vervang en op te gradeer. Hierdie begroting is ook daarop gerig om meer energie-onafhanklik te word en minder van Eskom afhanklik te wees.

Dit is vir die VF Plus belangrik dat klem gelê word op kabeldiefstal wat ook ‘n groot rol speel in die metro se kragkrisis. Die party is tevrede dat die aansuiweringsbegroting hierdie probleem ook aanspreek met behoorlike beplande polisiëring.

Die aansuiweringsbegroting maak ook voorsiening vir bykomende fondse aan die Ekurhuleni Water Care Company (ERWAT) om watertekorte te voorkom weens Randwater se onvermoë om stabiele watervoorsiening te verseker wat ‘n basiese reg vir inwoners is.

Daar is ook fondse vir die omgewingsafval-departement beskikbaar gestel om broodnodige nuwe vullistrokke aan te skaf om te verseker dat vullisverwydering stabiliseer en hierdie departement teen volle kapasiteit kan funksioneer.

Die VF Plus is ook van mening dat daar gekyk moet word na alternatiewe en meer volhoubare wyses om vullis te verwerk om besoedeling te beheer en ‘n gesonder omgewing vir inwoners te skep.

Indien die metroraad nie die aansuiweringsbegroting goedkeur nie, sal die metro hom in 'n ongunstige finansiële posisie bevind wat ernstige negatiewe gevolge vir dienslewering sal hê en wat uiteindelik die inwoners van Ekurhuleni sal benadeel.

Die VF Plus, wat deel is van die koalisieregering in Ekurhuleni, doen daarom hiermee ernstige ‘n beroep op alle politieke partye wat in die metroraad dien om kennis te neem van die belangrikheid en omvang van hierdie aansuiweringsbegroting en om as ‘n kollektief te poog om die aansuiweringsbegroting te aanvaar sonder goedkoop politiekery.

Die VF Plus is van mening dat die ANC, EFF en ander pro-ANC/EFF-minderheidspartye se strategiese plan net een doel het, naamlik om ten alle koste die mag oor die Ekurhuleni-metroraad te verkry sodat hulpbronne geplunder kan word.

Dit is duidelik dat die inwoners se behoeftes nie vir hulle van belang is nie.

Die VF Plus glo nie daarin dat goedkoop en kleinlike politiek dienslewering aan inwoners moet beïnvloed nie en sal aanhou stry teen hierdie siekte.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.