fbpx
Vryheidsfront Plus

Verouderde kragkabels in Kemptonpark doof ligte uit

Dringende aandag moet geskenk word aan die verouderde mediumspannings-elektrisiteitsnetwerk in Kemptonpark wat lang kragonderbrekings veroorsaak.

Die VF Plus gaan die Ekurhuleni-metro versoek om sonder meer op te tree om die probleem reg te stel.

Die gebiede, Bonaeropark, Bredell en Pomona was die afgelope drie dae weer sonder elektrisiteit weens verouderde elektriese kabels wat onklaar raak.

Die metro is wel besig met werk om die hoëspanning- 66KV-elektrisiteitsnetwerk oor die volgende twee jaar te vervang.

‘n Groot gedeelte is reeds verlede jaar vervang, maar die netwerk wat woongebiede bedien, kan nie uitgesluit word nie.

Die koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, maak reeds goeie vordering op baie gebiede met instandhoudingswerk.

Daar is wel nog sekere gebiede wat ver tekort skiet weens ‘n tekort aan geld en die voormalige ANC-regering se versuim om die netwerk in stand te hou.

Die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om effektiewe dienslewering aan inwoners van Kemptonpark te verseker.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.