Die VF Plus is geensins tevrede met die buitensporige verhogings wat tydens die 2016-begrotingsdebat van die Mangaung-metro aangekondig is nie. Die verhogings raak elke inwoner se sak en in die huidige ekonomiese omstandighede is verhogings bo die inflasiekoers nie aanvaarbaar nie.
Die VF Plus is van mening dat die verhoging van elektrisiteit met 11.29% veral kommerwekkend is. Water sal 8% meer kos en vullisverwydering is met 7.8% verhoog. Hierdie verhogings is onaanvaarbaar en die VF Plus sal tydens die volgende vergadering wat binne sewe dae moet plaasvind, teen hierdie verhogings stem.
Die enigste positiewe aspekte ten aansien van die 2016-begroting, is die aankondiging deur die Uitvoerende Burgemeester, dat maatreëls in plek gestel gaan word om beter finansiële bestuur te verseker en dat die uitermatige hoë koste van oortydbetalings besnoei gaan word.
Die VF Plus hoop dat hierdie stappe inderdaad geneem gaan word.
DR. ELIZABETH SNYMAN-VAN DEVENTER
(Sel : 082 305 1540)