Bewerings van sommige vakansieklubs dat die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) sake teen hulle onvoorwaardelik teruggetrek het, is van alle waarheid ontbloot en die sake sal voortgaan sodra sekere tegniese probleme uitgestryk is, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor handel en nywerheid.
Adv. Alberts sê die NVK het nou in ‘n skrywe oor die saak in die besonder verwys na die Univision Holiday Club en sê die saak is voorlopig teruggetrek weens ‘tegniese’ haakplekke, maar dat verskeie regsopsies tans oorweeg word om die saak tot ‘voleinding te voer’ voor die Nasionale Verbruikerstribunaal (NVT). Dieselfde geld die Club Leisure Holiday Group.
Die verklaring van die NVK lui onder meer: ‘Die terugtrek van die saak op tegniese gronde moet nie gesien word as ‘n goedkeuring van die betrokke vakansieklubs se optrede nie. Die NVK het ‘n sterk saak teen die maatskappye.”
Die NVK meld voorts hy besef dat baie verbruikers deur die aangeleentheid geraak word, en juis daarom wil hy seker maak die saak word suksesvol afgehandel.
Die NVK het Univision ook skerp oor die vingers geraps en gesê hy neem ‘met kommer’ kennis van dié maatskappy se ‘uitgeslape reaksie teenoor die media en verbruikers’ wat die indruk wil skep dat die saak nie meer voortgaan nie.
Adv. Alberts het hierby aangesluit en sê die blatante leuens wat die klubs versprei dat die saak laat vaar is of nie meer geldig is nie, is ‘skreiend’.
“Dié bewerings is nou van alle waarheid gestroop en die saak by die NVT sal voortgaan. Indien die Kommissie (NVK) nie sou wou voortgaan met die saak nie, sou die VF Plus die stryd self op ‘n ander wyse voortgesit het.
“Gelukkig is dit nie die geval nie, en die VF Plus loof die NVK oor hul bereidwilligheid om die saak in die belang van alle verbruikers tot voleinding te bring,” sê adv. Alberts.
Hierdie ondersoek van die vakansieklub-bedryf volg op ‘n klag wat adv. Alberts enkele jare gelede namens die VF Plus by die parlementere portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) aanhangig gemaak het.
Die klagte is ingedien nadat die VF Plus verskeie bewerings van ongerymdhede en onetiese optrede in die bedryf ontvang het. Duisende ontevrede klublede van regoor die land het by die VF Plus aangeklop om hulp, en al hierdie klagte het deel van die ondersoek geword.
Die NVK het ‘n diepte-ondersoek gedoen na onder meer die stand van die puntestelsel in die vakansieklub-bedryf, en groot ongerymdhede is oopgevlek. Die volgende is tydens die ondersoek bevind:
Die NVK het teen dié agtergrond twee aansoeke gebring by die Verbruikerstribunaal (VBT) teen twee groot klubgroepe en versoek die volgende remedies:
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403