Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Venterspost sewe dae sonder krag weens vandalisme

Die VF Plus het die Rand West-munisipaliteit (Randfontein, Westonaria, Venterspost) versoek om alles in sy vermoë te doen om herstelwerk aan die kragnetwerk in Venterspost te bespoedig nadat inwoners sedert 12 Augustus sonder elektrisiteit is weens vandalisme.

Venterspost, buite Randfontein, huisves sowat eenduisend inwoners waarvan die meeste werkloos is. Die voormalige myndorp het deur die jare agteruitgegaan nadat mynbedrywighede in die omgewing feitlik tot ‘n stilstand gekom het.

Baie inwoners is afhanklik van sopkombuise en staatshulp om te oorleef. Die dorp het geen formele sakesektor nie en inwoners moet noodgedwonge na hul naaste dorp vir inkope reis.

Die elektrisiteitstoevoer na die dorp is onderbreek nadat vandale Eskom-kragkabels gestroop het. Die vandalisme duur tans voort waar diewe elektriese verbindingskabels na die huise gedurende die nag in die swak verligte dorp steel.

Die party het ook die polisie se stasiebevelvoerder, kol. Selvan Moonsamy, versoek om patrollievoertuie oornag na die gebied te stuur om verdere diefstalle te probeer voorkom.

Navrae: 082 565 2336

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.