Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veelparty-koalisieregering in Johannesburg, waarvan die VF Plus deel is, oorhandig behuising in Suidheuwels

Die VF Plus was gister (22 Augustus) met trots deel van die oorhandigingseremonie waar 109 behuisingseenhede aan inwoners van Johannesburg Suid toegeken is. Hierdie is die eerste fase van die Suidheuwel-behuisingsontwikkelingsprojek.

Die VF Plus was sedert 2008 by die JOSCO-behuisingsprojek in Suidheuwels betrokke en gaan ‘n groot rol speel as koalisievennoot in die Johannesburgse metroraad om te verseker dat regmatige inwoners van Johannesburg behuisingseenhede ontvang en alle inwoners van Johannesburg Suid by die projek baat. Die burgemeester van die Johannesburg, Herman Mashaba, het beaam dat daar nie afgewyk gaan word van die huidige behuisingswaglys wat deur die koalisie opgestel is nie.

Wat die Suidheuwels-projek besonder maak is dat die eerste fase toekennings plaasgevind het op die tweede verjaarsdag van die veelparty-koalisieregering waartydens opposisiepartye saamgestaan het om die Johannesburgse metroraad van die ANC af te neem.

Die projek gaan uiteindelik 6 204 eenhede aan Johannesburg Suid se mense beskikbaar stel. Dit behels HOP-huise, laekoste verhurings en bekostigbare verbandhuise.

Die seremonie is ontwrig deur ANC-betogers aan die buitewyke van die Suidheuwels-projek wie se name nie op die waglys verskyn nie.

Hierdie was ‘n onwettige betoging en 'n tipiese voorbeeld van hoe behuisingstoekennings in die vorige bedeling onder die ANC-regering plaasgevind het waar mense met geweld en omkopery voordele ontvang het.

Mnr. Mashaba het ook bevestig dat die behuisingsdepartement ‘n oudit sal doen van alle behuisingseenhede wat onder die stad se portefeulje ressorteer na verskeie klagtes ontvang is van onwettige buitelanders wat glo in van die behuisingseenhede woon.

Hierdie projek is nog ‘n voorbeeld hoe politieke partye as ‘n koalisieregering kan saamwerk om dienslewering aan inwoners te verseker.

Kontakbesonderhede: 082 358 3882

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.