fbpx
Vryheidsfront Plus

Vandale saag kragpale af wat gemeenskappe lank sonder elektrisiteit laat

Die optrede van vandale wat Sondagmiddag die staalpale van ‘n Eskom-oorhoofse kraglyn, wat die landelike gebiede van Westonaria van elektrisiteit voorsien afgesaag het, kan nie ongestraf gelaat word nie.

Inwoners van Jagfontein, Poortjie en die landelike gebiede van Westonaria was vir meer as 24 uur sonder elektrisiteit nadat die pale van ‘n oorhoofse kraglyn langs die R55 afgesaag en vermoedelik as skrootmateriaal verkoop is.

Dit is onregverdig dat belastingbetalers verder belas word omdat vandale duur strukture afbreek en vir ‘n fraksie van die geld verkoop.

Die VF Plus doen ‘n beroep op die gemeenskap van Westonaria en Randfontein om bedag te wees op mense wat hulle aan sulke misdade skuldig maak en om dadelik die polisie in kennis te stel.

Navrae: 082 565 2336

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.