Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Twee aanvalle in Reitz (Vrystaat): Landelike beveiliging faal

Twee aanvalle in die Vrystaat die afgelope naweek dien as bewys dat die regering faal om landelike veiligheid te verseker.

Die populistiese diskoers oor grond in Suid-Afrika dra by tot die gewelddadige klimaat wat heers in landelike gebiede.

In twee afsonderlike aanvalle was inwoners die slagoffers van die herhalende leuens wat sommige politici oor grond, wit boere en wit-bevoorregting versprei.

In die een voorval is Marie Venter Vrydagaand wreedaardig vermoor. Volgens berigte was sy erg aangerand en verkrag.

In die tweede voorval is Kobus en Marlise van Niekerk omstreeks 04:00 Sondagoggend op hul plaas in die Reitz-distrik aangeval. Marlise is met ‘n voorwerp oor die kop geslaan terwyl sy gedwing is om die kluis in hul huis oop te sluit.

Boere wat op die aanval gereageer het, het ‘n gesteelde Land Cruiser en verskeie selfone in Warden gevind. Die verdagtes word tans gesoek.

Die VF Plus sal weer die provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat versoek om dringend met die party te vergader om landelike veiligheid te bespreek, aangesien hy nie op die party se vorige versoek gereageer het nie.

Met toenemende druk vanuit die buiteland kan die ANC-regering nie anders as om te erken dat plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad verklaar moet word nie en dienooreenkomstig optree deur spesialiseenhede op die been te bring om landelike veiligheid te verseker.

Die VF Plus spreek sy waardering uit teenoor die polisie en die boere in die gemeenskap wat vinnig op die aanvalle gereageer het.

Jan van Niekerk: 083 743 2042

Armand Cloete: 076 629 6219

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.