fbpx
Vryheidsfront Plus

Tussenverkiesing in Wyk 18, eMalahleni (Witbank): Verandering is dringend nodig

Die inwoners van Wyk 18 in eMalahleni (Witbank) het binnekort die geleentheid om politieke verandering ten goede in hul buurt teweeg te bring met die tussenverkiesing op 18 Maart 2020. Daar het ‘n vakature in die wyk ontstaan weens die bedanking van ‘n DA-wykraadslid.

Dienslewering in Witbank het die afgelope paar jaar erg agteruit gegaan. Slaggate in paaie, erwe en oop ruimtes wat toegegroei is, stukkende straatligte, onvoldoende riolering en probleme met munisipale rekeninge, is enkele van die probleme waaronder inwoners gebuk gaan.

Die VF Plus in Witbank doen reeds als in sy vermoë om druk op die munisipaliteit te plaas om dienste aan inwoners te lewer en kan spog met verskeie suksesse in dié verband.

Danksy die VF Plus se ingryping is verskeie parke skoongemaak, straatligte in Lamanzi- en Minervastraat is herstel, asook 'n slaggat in Paul Sauerstraat.

Dit is enkele voorbeelde van die diens wat gelewer kan word deur op 18 Maart te stem vir die VF Plus se kandidaat, mev. Sharon Schlachter, en om sodoende die party se verteenwoordiging in die raad van eMalahleni te vergroot. Met meer raadslede sal die VF Plus in Witbank ‘n veel groter rol kan speel om dienslewering te verbeter.

Me. Schlachter woon al vir sestien jaar in die wyk en is bekend vir die harde werk wat sy in die gemeenskap doen, in besonder vir die druk wat sy op die munisipaliteit plaas om dienste te lewer.

Die VF Plus het met die nasionale verkiesing in Mei verlede jaar met 150% gegroei en het sedertdien drie wyke in tussenverkiesings gewen.

Die party groei in elke tussenverkiesing en daar is ‘n beduidende verbetering aan dienslewering in elke wyk waar die VF Plus ‘n tussenverkiesing wen deur die optrede van ervare, kundige en verantwoordelike VF Plus-raadslede.

Die nodige veranderinge in die munisipaliteit van eMalahleni en in die besonder in Wyk 18, is slegs moontlik indien inwoners op 18 Maart gaan stem vir ‘n kandidaat wat bereid is om vir die gemeenskap te werk en werklike veranderinge teweeg te bring.

Kontaknommer: 084 652 9164

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.