fbpx
Vryheidsfront Plus

Tshwane se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) moet lewendige dokument wees om inwoners se behoeftes aan te spreek

Die VF Plus het gister tydens ‘n spesiale raadsitting van die Tshwane-metroraad die tertafellegging van die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) verwelkom.

Die party het terselfdertyd gewaarsku dat die dokument en die dienslewering- en begrotings-implementeringsplan (DBIP) lewendige dokumente moet wees wat die metro se alledaagse aktiwiteite moet rig om die voorgestelde doelwitte te bereik.

Indien die dokumente net as van wetgewende en akademiese waarde beskou word en op amptenare en raadslede se rakke lê en stof opgaar, faal dit die inwoners van Tshwane.

Die GOP kan waarskynlik beskou word as een van die belangrikste dokumente vir ‘n munisipaliteit of metroraad se strategiese benadering vir die volgende vyf jaar.

Die GOP is nie lukraak uit die lig gegryp nie, maar is saamgestel in oorlegpleging met duisende gemeenskapslede en stel die belange en behoeftes van inwoners eerste.

Daar word veral op die volgende areas gefokus:

• Om die opgradering en instandhouding van water- en kraginfrastrukture as prioriteit te klassifiseer.
• Om nougeset oorsig en beheer oor die finansiële bestuur uit te voer.
• Om ‘n sake-vriendelike stad te skep waar ekonomiese groei en werkskepping optimaal gestimuleer word.
• Om ‘n veilige stad te skep met doeltreffende polisie- en nooddienste.
• Om ‘n skoon stad te skep en die natuur te bewaar.
• Om die padinfrastruktuur en openbare vervoerstelsel uit te bou.
• Om ‘n stad te skep waar sorg, omgee en ondersteuning aan kwesbare inwoners verleen word.
• Om munisipale prosesse te digitaliseer en te moderniseer.
• Om ‘n doeltreffende openbare diens daar te stel wat deursigtig en verantwoordbaar is.
• Om ‘n gesonde en lewenslustige stad te ontwikkel.

Hoewel hierdie strategiese prioriteite op papier indrukwekkend lyk, sal dit baie toewyding verg om die uiteensetting van mylpale, sleutel prestasie-aanwysers en telkaarte te bereik.

Die VF Plus sal, as deel van die veelparty-koalisieregering, die vordering en regstellende aksies monitor met die fokus daarop om die Tshwane-metro te omskep tot sy regmatige posisie as hoofstad van Suid-Afrika.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.