Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tshwane-aansuiweringsbegroting stel dienslewering voorop

Die VF Plus het die aanvaarding van die aansuiweringsbegroting vir die Tshwane-metroraad ondersteun en sodoende verseker dat daar genoeg fondse beskikbaar gestel word vir basiese dienslewering aan inwoners.

Die aansuiweringsbegroting word gedoen in terme van Artikel 28 van die Munisipale Finansiële Bestuurswet wat die metro toelaat om fondse tussen departemente rond te skuif op grond van die jongste inligting en behoeftes van gemeenskappe.

Die goedkeuring van die aansuiweringsbegroting is van strategiese belang aangesien dit ook kan lei tot ‘n beter kredietgradering vir die metro. Geld sal dan geleen kan word vir belangrike kapitaalprojekte teen ‘n billike rentekoers.

In die begroting is daar ook voorsiening gemaak vir die aanstel van sekuriteitswagte vir die beskerming van kritieke infrastruktuur. Die metro het onlangs groot finansiële skade gely weens vandalisme by onder meer kragsubstasies.

Die koalisie-regering, waarvan die VF Plus deel vorm, kon daarin slaag om sekere uitgawes te sny wat aangewend kan word vir dienslewering. Dit sluit onder meer in:

• Algemene uitgawes – R27.4 miljoen
• Covid-19-uitgawes – R15.8 miljoen
• Bemarking en funksies – R1.1 miljoen

Die samestelling van die aansuiweringsbegroting was ‘n spanpoging van al die koalisie-vennote en vorm deel van die groter projek om die metro se finansiële posisie om te keer.

Navrae: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.