fbpx
Vryheidsfront Plus

Tekort aan toerusting en hulpbronne lei waarskynlik tot polisielede se dood in Gauteng

Die VF Plus in Gauteng is bekommerd oor die groot aantal polisiesterftes in die provinsie en glo baie kon vermy gewees het indien lede volledig toegerus en opgelei was.

‘n Totaal van 15 polisielede, waarvan 11 aan diens was, het die afgelope jaar gesterf.

Die VF Plus het die afgelope maande verskeie polisiekantore in Gauteng besoek waarvan die oorgrote meerderheid dieselfde probleme ondervind wat wissel van 'n tekort aan voertuie, ammunisie, mannekrag en onvoldoende toerusting.

Die probleme en tekortkominge word gereeld op provinsiale komiteevergaderings bespreek, maar dit wil voorkom asof daar ‘n gebrek aan belangstelling is wat die funksionaliteit van die polisiediens beperk.

Die VF Plus sal eersdaags ‘n volledige verslag voorlê aan die Gautengse LUR van gemeenskap veiligheid, Faith Mazibuko, en ook druk op die regering plaas om te sorg dat polisielede volledig toegerus word om nie net die gemeenskap te dien nie, maar ook hulself veilig te hou.

Navrae: 071 640 7283

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.