Die 2016-begrotingsdebat in die Mangaung-metro is versuur deur die gedrag van die ANC en die DA. Die hoofsweep van die Mangaung-metro en ook die ANC-hoofsweep het sy spreekbeurt oorskry en politieke propaganda gemaak oor die aantal DA-raadslede wat by die ANC aangesluit het.
Dié raadslede het tussen die ANC-raadslede gesit. As gevolg van die DA se ontevredenheid met die aanwesigheid van die lede by die ANC, het die DA die vergadering verlaat.
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, raadslid van die VF Plus, het beswaar aangeteken teen die gedrag van die hoofsweep en gesê dat sy haar posisie as ‘n raadslid sou versuim indien sy nie ten sterkste beswaar maak teen die gedrag van die hoofsweep nie. Die Speaker het met haar saamgestem en het die hoofsweep vermaan oor sy gedrag.
Dit is jammer dat al die opposisiepartye nie aan hierdie belangrike debat deelgeneem het nie. Die debat het onder andere oor die voorgestelde tariefverhogings gehandel en slegs die VF Plus en COPE het hul menings teen die voorgestelde begroting gelig.
DR. ELIZABETH SNYMAN-VAN DEVENTER
(Sel : 082 305 1540)