Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Strategiese redes agter skuif van adv. Anton Alberts, VF Plus-voorsitter, na Gautengse wetgewer

Die besluit van adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus, om sy parlementshoed te verruil vir dié van Gautengse wetgewerslid (LPW), is geneem om die VF Plus se magsbasis in Gauteng uit te bou en om ‘n gesoute politikus beskikbaar te hê om die ANC se geringe meerderheid in die Gautengse regering optimaal uit te buit.

Die ANC regeer na die algemene verkiesing met ‘n meerderheid van ‘n enkele setel met 37 setels teenoor die opposisie se 36. Geleenthede kan dus opduik waar die ANC-regering nie die meerderheid in die wetgewer sal hê nie waartydens die opposisie en die VF Plus sekere besluite van die ANC kan omkeer en eie besluite kan deurvoer.

Die party was daarom van mening dat ‘n persoon met adv. Alberts se ondervinding en kundigheid van tien jaar as parlementslid in hierdie situasie ‘n belangrike rol kan speel om leiding te gee aan die VF Plus se LPW’s, maar ook aan die opposisie in geheel.

Adv. Alberts gaan die party ook doelgerig help om sy magsbasis in Gauteng te bevestig en uit te bou. Die VF Plus se Gautengse koukus het hom gister as die party se koukusleier aangewys. Adv. Alberts was ook die VF Plus se premierskandidaat vir die pas afgelope algemene verkiesing en sodoende eerste geplaas op die Gautengse kandidatelys.

Hy bly aan as voorsitter van die party op nasionale vlak en sal steeds betrokke bly by nasionale kwessies waarmee hy sinoniem geword het, soos dié van die Transnet-pensioenarisse. Hy gaan hom veral toespits op netelige Gautengse kwessies soos onderwys, gesondheid en die e-tol-stelsel.

Soos hy onderneem het met die aanloop tot die algemene verkiesing, sal hy ook vanuit die opposisiebanke poog om ‘n grondwet vir die Gauteng-provinsie te skep wat veral minderheidsregte beskerm.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.