fbpx
Vryheidsfront Plus

Strafregtelike klag straks nodig om Phokwane-munisipaliteit te dwing om rioolklagte te behandel

'n Lekkasie in die rioolstelsel in Jan Kempdorp se industriële gebied veroorsaak dat rou riool die omgewing etlike maande lank besoedel. Die probleem is herhaaldelik by die munisipale kantoor in Jan Kempdorp aangemeld sonder enige optrede.

Die VF Plus het die saak gister skriftelik onder die persoonlike aandag gebring van die munisipale bestuurder van die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstat), mev. Kealoboga Gaborone. Sy is daarop gewys dat die riool in 'n waterafvoersloot langs die R370 verby 'n bewoonde gebied vloei.

Mev. Gaborone is gewys op haar wetlike verpligting om op te tree. Weens die dringende aard van die probleem, het die VF Plus haar 48 uur gegee om dit reg te stel en 'n aksieplan teen soortgelyke probleme op te stel.

Sou sy versuim om op te tree, sal strafregtelike optrede die volgende stap wees.

Buiten die wetlike verpligting om infrastruktuur in stand te hou, is dit vir die VF Plus onverstaanbaar dat inwoners se gesondheid vir die munisipaliteit só onbelangrik is. Dit is ook belangrik dat senior amptenare persoonlik vir hulle versuim aanspreeklik gehou moet word om hul pligte uit te voer.

Die ANC vernietig die Phokwane-munisipaliteit. Met die komende plaaslike regeringsverkiesing kan inwoners hierteen opstaan en saam met die VF Plus staan om ‘n sterk boodskap te stuur dat dit nie langer geduld sal word nie. Die verval kan gestop word.

Navrae: 072 938 8588

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.