fbpx
Vryheidsfront Plus

Stop kaderaanstellings in Ekurhuleni

 

Die VF Plus in Ekurhuleni het die ANC-beheerde raad tydens die onlangse burgemeesters-stadsrede gevra om die gebruik van kaderontplooiing in stede van meriete-aanstellings, summier te staak. Dit veroorsaak dat departemente onderpresteer weens ‘n tekort aan kundigheid.

Die vul van vakatures binne die metro bly problematies deurdat die raad daarop aandring om net sleutelposisies te vul.

Die burgemeester, Mzwandile Masina, spog valslik met ‘n ongekwalifiseerde oudit terwyl verskeie departemente minder as 50% van hul begrotingsteikens bereik het. Die jaarverslag dui aan daar is verskeie onreëlmatige en vrugtelose uitgawes wat dringend ondersoek en verklaar moet word.

Werkskepping in Ekurhuleni is steeds ‘n ernstige probleem. Die 89 000 poste wat volgens burgemeester Masina geskep is, is net tydelike kontrakposte wat binne maande en in baie gevalle selfs binne weke kontraktueel verstryk. Dit bied geen langtermyn-oplossing nie en is nie volhoubaar nie.

Misdaad is aan die toeneem, veral transito-rooftogte, koerierkapings- en rooftogte, en selfs die roof van vuurwapenwinkels. Ekurhuleni se metropolisie verrig goeie werk, maar ‘n beter en meer strategiese benadering jeens misdaadbekamping is dringend nodig. Die burgemeester se plan van ‘n “Veiliger Stad” moes lankal in werking gestel gewees het.

Die verandering van straatname is onnodig en ‘n vrugtelose uitgawe. Daardie fondse behoort eerder konstruktief aangewend te word vir dienslewering. Die burgemeester moet ook verseker sy beloofde projekte is voor die einde van Junie afgehandel en operasioneel.

Die VF Plus sal terugslaan teen swak dienslewering en aanhou om druk uit te oefen om te verseker dat Ekurhuleni behoorlik en tot voordeel van die inwoners bestuur word.

Kontaknommer: 072 217 1951

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.