fbpx
Vryheidsfront Plus

Staking by Sol Plaatje-munisipaliteit dalk laaste spyker in diens-doodskis

'n Voortslepende staking by die Sol Plaatje-plaaslike munisipaliteit (Kimberley, Ritchie en die landelike gebied rondom) kan die laaste spyker in dié eens gesonde munisipaliteit se doodskis wees. Dit is omdat geslote kantore selfs inwoners wat wil betaal, daarvan weerhou.

Die begroting van die Noord-Kaapse hoofstad maak ruim voorsiening vir uitgawes en inwoners word genoegsaam gefaktureer om die uitgawes te dek. Die knoop lê egter by die 'n betalingskoers van slegs 75%. Meer as R2 miljard is aan Sol Plaatje verskuldig, terwyl die munisipaliteit sowat 15% daarvan aan verskaffers skuld.

Dit sou redelik wees om te verwag dat invordering die hoogste voorkeur in Sol Plaatje geniet. In teenstelling daarmee kon inwoners wat oor die munisipale toonbank betaal, dit vir meer as 100 dae tydens die Covid-19 inperking nie doen nie. Tans hou stakings die betaalpunte toe.

Uit ‘n verbruikersoogpunt skep die munisipaliteit se onvermoë om geld te ontvang, ook 'n krisis. In hierdie tyd van ekonomiese agteruitgang, word geld dalk vir die diensterekening opsygesit, maar word dit mettertyd deur alledaagse noodsaaklikhede opgeslurp.

Wanneer betaalpunte weer oop is, het hierdie inwoners gewoonweg nie meer die geld beskikbaar nie. Die resultaat is 'n rekening wat eenvoudig nooit betaal sal kan word nie.

Indien vernuwende wyses om geld in te vorder nie vinnig in werking gestel word nie, is 'n D-dag scenario, waar salarisse nie betaal kan word nie, Kimberley se voorland. Mens kan slegs hoop en bid dat dit nie ook nog in 2020 sal plaasvind nie.

Navrae: 083 454 9410

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.